Tieners

STOOM

STOOM is ons hoërskool bediening, en hier  KOOK ons! Ons glo dat wanneer ons Jesus se liefde beleef sal ons nie anders kan as om warm  te getuig daaroor nie! (Openbaring 3 :16)

Deur speletjies en koffie gesprekke sien ons God se hart vir sy tieners.

Ons doel is om ‘n omgewing te skep waar tieners aangemoedig word om saam wyse besluite te maak, hulle vriende op ‘n positiewe manier te beinvloed en om persoonlike geestelike groei te ervaar deur saam  ander te bedien. Aanbidding en toepaslike boodskappe vorm ons gedagtes en gee ons handvatsels om die uitdagings en plesier van jonk wees te hanteer. By Stoom leer ons onself beter ken deur te fokus op die Woord.

Kos, kuier, koffie, musiek,en speletjies vorm altyd op n manier deel van die spyskaart by STOOM – hoe dan anders? Ons is TIENERS!

Leierskap

Francois van der Merwe

stoom@ritmia.org.za

Oor Francois

Ek hou van goeie koffie by onbekende koffiewinkels.  Ek het groot geword in Allensnek Roodepoort, maar bly in Linden.  Ek glo dat Jesus hoop in ons harte gesit het sodat ek daai  hoop  en liefde van Jesus kan getuig. My droom is dat tieners ook bewus word van die hoop en liefde wat Jesus in hulle harte geplaas het.  (1 Petrus 3:15).

Plaaslike en anderkant die grens sendingwerk maak my baie opgewonde.  Ek het ‘n groot passie om tieners bloot te stel aan God se goedheid plaaslik en internasionaal.

Een van my groot drome is om die Camino te gaan stap in Spanje.