TEMA: VIR DIE VOëLS                                   Aanddiens – 3 Maart 2019

 

3 MANIERE HOE ONS REËLS VERSTAAN

Huisreëls

  • Gebore in ‘n sekere huishouding.
  • Die reëls maak jou nie deel van die gesin nie.
  • Jy was eers deel en toe word die reëls gemaak.
  • Ouers maak net reëls vir hulle eie kinders.

 

Klubreëls

  • Jy lees die kontrak en onderneem om sekere reëls na te kom.
  • Sodra jy teken en saamstem met die reëls is jy IN.
  • As jy die reëls breek is jy UIT.

 

Estate-reëls

  • Jy is welkom om hier te koop solank jy die reëls nakom.
  • As jy die reëls breek gaan ons jou stief behandel.
  • Ons kan jou nie eintlik uitskop nie maar ons gaan jou só behandel dat jy wens jy het êrens anders gebly.

 

 

 

WAAR IS JY MET JOU VERHOUDING?

  • Estate?
  • Klub?
  • Huis?

Omdat Hy julle voorouers liefgehad het, het Hy gekies om julle nageslag te seën en om julle persoonlik met ‘n vertoning van mag uit Egipte te bring.
Deuteronomium 4:37 (NLV)
Die Here het al die volgende voorskrifte gegee: “Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy ’n slaaf was.
Eksodus 20:1-2 (NLV)

 

VERSTAAN EN VERANDER JOU SIENING

Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Johannes 1:11-12 (NAV)