Ritmia – Preeknota – 21 Julie 2019 (Aand)
Tema: Optiese Ilussie

Optiese Ilussie verdraai die werklikheid/waarheid

Optical Illusion – something that deceives the eye by appearing to be other than it is. an experience of seeming to see something which does not exist or is other than it appears. 

OPTIESE ILUSSIES IN ONS GEESTELIKE LEWENS

  • JY HOEF NIE ANDER TE VERGEWE NIE

“As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

Matteus 6: 14-15 (NLV)

Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.

Kolossense 3:13 (NLV)

  • DOEN WAT JOU GELUKKIG MAAK

U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.

Psalms 16:11 (NLV)

  • JY SAL NIE SLEGTE DAE BELEEF NIE

Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Johannes 16:33 (NLV)

My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.

Jakobus 1:2-4 (NLV)

  • EK KRY WAT EK VERDIEN

Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot 5dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!

Efesiërs 2: 4-5 (NLV)

Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie, en vergeld ons nie volgens ons oortredings nie. Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien.

Psalms 103: 10-13 (NLV)