Tema: DIT TREF SOOS ‘N TSOENAMI!                                                Reeks: KEN HOM

Teks: Efesiërs 2:5-10 (NAV)                                                       Oggend –  17 Maart 2019

 

 

KARAKTEREIENSKAPPE VAN GOD

 

“Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.” Habakuk 3:2 (NAV)

 

WAT IS DIT?

 “Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.” Efesiërs 2:2-3 (NAV)

 

 

WEET VERSEKER DIT IS ‘N WERKLIKHEID

 

“Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ‘n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.” Efesiërs 5:2-5 (NAV)

“Jy moet ook ’n deksel van goud vir die ark maak. Dit is die versoendeksel. Dit moet een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed wees. Maak twee beelde van gerubs met goud oorgetrek om weerskante bo-op die deksel te staan. Sit hulle só vas dat dit ’n eenheid met die deksel vorm. Die gerubs moet na mekaar kyk. Hulle moet met oopgespreide vlerke op die deksel afkyk.” Eksodus 25:17-20 (NLV)

 

 

STRAF & GENADE

 “Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Efesiërs 2:5-10 (NAV)

 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” 2 Korintiërs 5:21 (NAV)

 

 

WAT MOET EK DOEN?

 “Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.” Romeine 3:21-26 (NAV)