Welkom by Ritmia Gemeente

Ons Storie

Ritmia, afgelei van die woord Rythmia  – The natural state of well-being when Mind, Body and Spirit are balanced and in perfect rhythm. Hierdie is ‘n opsomming van wat ons glo, God oor elke mens droom, en hoe ons Hom moet lief he, met hart, siel, krag en verstand (Matteus 22: 37-39)

Ritmia se  deure is 2014 geopen waar ons deel was van die  LewenSentrum (Wesrand) familie. Oor die afgelope amper 5 jaar , deur God se genade het ons gemeente en gemeenskap bly groei, en is ons dankbaar vir elke lewe wat saam met ons verander het, en wat elke dag leer om God se hartklop te hoor, dit na te jaag en te leef.

Ons is nie verbonde aan enige denominasie nie en is ‘n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome.

By Ritmia is almal welkom, en moedig ons mekaar aan om saam te leer, saam deur uitdagings te werk , en saam oorwinnigs te vier!

God se hartklop vir elkeen van ons!

Welkom!

Ons Leier

Oor Darius

Darius & Sunette het mekaar ontmoet in 1999 op die destydse RAU (UJ) – kampusgronde. Daar het hulle onderskeidelik hulle grade in B.Com Logistieke Bestuur en Geoktrooieerde Rekenmeesterskap voltooi. Albei het hulle in hulle onderskeie beroepe gevestig en is in 2006 getroud. Hulle het 3 kinders, Sune-Louise, Leze en Henru. Na bykans 11 jaar in die korporatiewe wereld het Darius in September 2012 voltyds die bediening betree. In 2013 verwerf hy sy teologiese graad aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium, wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) geakkrediteer is.

Ons Span

Anchën Groenewald

Aanbidding

aanbidding@ritmia.org.za

Anri Boshoff

Kuiertijd

kuiertijd@ritmia.org.za


Biance Martins

GLOW Kinderbediening

glow@ritmia.org.za

Christo Ras 

Herder

christo@ritmia.org.za


Franco Martins

KEERPUNT Gr 7’s

keerpunt@ritmia.co.za

Fransa van der Merwe

Welsyn

welsyn@ritmia.org.za


Francois van der Merwe

STOOM Tieners

stoom@ritmia.org.za

Gawie Venter 

Herder

gawie@ritmia.org.za

Gert Visagie 

Finansies

finansies@ritmia.org.za


Marleen Viviers

Administrasie

info@ritmia.org.za

Ons Visie
Ons Visie

Om n kerk te wees waar almal welkom is, maar tog ook gekonfronteer word met God se waarheid om sodoende in totaliteit te groei in ons verhouding met Hom, en Jesus se lewensritmes uit te leef.

Ons Missie
Ons Missie

Ons streef daarna om God se hartklop uit te leef op n praktiese manier, deur Hom lief te he, met hart, siel, krag en verstand, en ander soos onsself.

Ons Storie
Ons Storie

 

Ons is in 2014 geopen onder die naam Wesrand Lewensentrum, en op 14 Oktober 2018 verander die naam na Ritmia Gemeente.

Oor die afgelope 5 jaar, deur God se genade, het ons gemeente en gemeenskap bly groei en is ons dankbaar vir elke lewe wat saam met ons verander het, en wat elke dag leer om God se hartklop te hoor, n ate jaag en te leef.