Jong Volwassenes

Kuiertijd

Vir elke seisoen waarin jongmense hulself bevind is daar n Kuiertijd spesifiek vir jóú! Onlangs getroud, met n nuwe werk begin, steeds opsoek na die ‘een’? Dan is hierdie weeklikse afspraak spesifiek vir jou!

Van musiek & kunsaande, sprekers wat hul stories kom deel, uitreikwerk na die gemeenskap, Bybelstudie reekse – vir elkeen is daar iets. Hier kan jy altyd tuis voel ongeag wat in jou dag gebeur het of wat nog more vir jou voorlê.

Ons doel is om n omgewing te skep waar daar ruimte is vir elkeen om hulself te wees.
Elke mens het die inherente behoefte om tyd tussen ander mense te spandeer, én om te weet dat dit wat jy doen waarde tot ander mense voeg.

Kuiertijd is meer as net jou gemiddelde selgroep!

Leierskap

Oor Anri

Vrou van eenvoud, oudste van twee kinders, Oosrander in murg & been maar Potchefstromer van hart. Markpleine, Goeie koffie, die reuk van reën, mense wat jou lief het – dís wat saakmaak. Elke dag se klein vreugdes hou dikwels die grootste seën in. Ek het wel een groot “gril” – oranje lekkergoed & koeldrank. Noem dit maar fiemies!

Ek glo dat die doel van kerk is om melancholie in magic te omskep. En watter groter “magic” is daar dan nie as om te wéét dat die Skepper van die heelal n verhouding met jou, nietige mens, wil hê. Elkeen het n storie om te vertel, elkeen is iemand se iemand & verdien daarom om na geluister te word.

n Mens kan net wees wie jy is & gee wat jy het. Met dit ingedagte is dit my strewe om soveel as moontlik met ander te deel vanuit die oormaat waarmee ek die laaste 25 jaar geseend is.