Jong volwassene!

As jy opsoek is na ‘n plek om te hoort het jy op die regte plek afgekom. Samesyn is ten volle wat ons hier geniet en bevorder onder die werkende jeug (19-35).

Ons doen moeite om onsself weekliks te verdiep in die Woord en hou minstens een keer per maand ‘n lekker sosiale aand.

Kontak my gerus telefonies of per epos (besonderhede) hieronder) vir meer inligting. 

Hou hierdie spasie dop vir weeklikse verwikkelinge en nuus!

OOR CHRISTIAAN

Ek is gebore in Kwa-Zulu Natal en het daar ook skool gegaan en groot geword. Ek is baie lief vir groot avonture, sosiale sport, goeie koffie asook ‘n puik film. My studies het ek op die PUK voltooi en sodoende ook die liefde van my lewe ontmoet. Tans woon ek en my pragtige vroulief, Elzabé, net noord van die Ruimsig area. Voor ons in 2017 penne vasgesteek het in Johannesburg, het ons die eerste paar jaar van ons huwelik op reis deurgebring. Nieu Seëland, Korea en Europa was die drie gebiede wat ons saam verken het.

In die laaste paar jaar het die Here ‘n baie diep passie vir die samesyn van Sy liggaam in my hart begin kweek. Met die hulp van Ritmia gemeente is hierdie liefde tot dusvêr gekombineer met baie lekker sosiale aksiesport, kleingroepe asook die Kuiertijd jong werkendes bediening.

Dit is ‘n groot voorreg om hierdie passie by Ritmia te kan uitleef tussen jonk en oud.

X