Kosblik-idees vir die nuwe kwartaal

Die tweede kwartaal is op ons! Die vakansie was lekker, maar nou is dit weer volstoom aan die gang. Dit is altyd lekker om jou kind met al sy/ haar klere, ‘n vol kosblik en twee skoene en twee kouse af te laai. Ongelukkig is die kind wat jy gaan oplaai na ‘n dag by die skool gewoonlik sonder ‘n trui, daar is ‘n skoen en sy kous weg en die kosblik kom vol terug.

Hier is ‘n paar idees wat jy in jou kind se kosblik kan pak om te verseker dat dit nie weer vol by die huis aankom nie:

 

  1. Vrugte vliegies

            

 

  1. ‘n Gewone toebroodjie wat jy dan met ‘n koekiedrukker uitdruk om so in die kosblik te pak.

 

  1. ‘n Tamatie, ham en kaas sosatie

                                                                    

 

 

  1. Om te verseker dat die kos nie aan mekaar raak nie, kan kolwyntjiehouertjies gebruik word om die kos in een kosblik in te pak.

 

  1. Soutkoekies met kaas

 

Hier is ‘n resep vir ‘n treffer in die kosblik:

Benodighede:

½ koppie gesmelte botter

½ koppie suiker

2 eiers

1 koppie karringmelk

½ teelepel koeksoda

1 koppie mazina

1 koppie koekmeel

½ teelepel sout

8-10 viennas, in skywe gesny

 

Metode:

  1. Stel die oond tot 180º. Meng die botter en suiker in ‘n bak, voeg dan die eiers by asook die karringmelk.
  2. In ‘n tweede bak meng die koeksoda, koekmeel en sout. Voeg by die nat bestanddele.
  3. Spuit ‘n muffin pan met “non-stick spray”. Plaas 2 eetlepels van die deeg in elke bakkie van die pan. Sit ‘n vienna in die middel van die bakkie.
  4. Bak vir 8-12 minute of tot dit goudbruin is. Laat die baksel afkoel voordat dit uit die pan gehaal word.

 

Deur :
Bianca Martins (GLOW)

Related Posts