OOR FRANCO

Ek is ‘n ywerige leerder met ‘n positiewe gesindheid. Ek is gefokus en taakgerig en geniet nuwe uitdagings. Ek reik graag uit na kinders om hulle voor te stel aan die onvoorwaardelike liefde van God. In my werk sowel as my persoonlike lewe toon ek respek vir outoriteit en kan goed onderskeid maak tussen reg en verkeerd. Mense som my op as lojaal, betroubaar en sensitief teenoor mense rondom my. Ek is spontaan, in staat om dinge vinnig aan te leer en gereed vir enige uitdaging wat na my kant toe kom. In my vrye tyd geniet ek musiek en speel dromme en ukulele en vorm deel van die kerk se tiener-band. Ek dra die trotse ‘label’ van ‘Jesus Freak’ en sien met verwagting uit na wat my toekoms inhou.

 

X