Gr.7's

Keerpunt

Keerpunt is ons Gr.7 bediening.

Die oorgang van Laerskool na Hoërskool is ‘n merkwaardige mylpaal in elke jongmens se lewe en hier vier ons elkeen se uniekheid. Hier is ons doel om jou toe te rus om die uitdagings van Hoërskool te oorkom in die wete dat Jesus aan jou kant is.

Voor jy Hoërskool toe gaan wil ons saam met jou ‘n KEERPUNT bereik waar jy seker is dat jy God met alles kan vertrou, en dat Hy ‘n plan het met jou lewe.

Hier wil ons hê pret en Jesus moet verander na pret saam met Jesus. Ons wil hê jy moet Jesus beleef in jou alledaagse lewe, en leer hoe om met Hom te gesels, terwyl jy vriendskappe bou wat lank kan hou!

Sondagoggende: 09:15

Leierskap

Franco Martins

ONS SE WELKOM AAN FRANCO MARTINS!

 

Oor Franco

 

Ek is ‘n ywerige leerder met ‘n positiewe gesindheid.  Ek is gefokus en taakgerig en geniet nuwe uitdagings. Ek reik graag uit na kinders om hulle voor te stel aan die onvoorwaardelike liefde van God.  In my werk sowel as my persoonlike lewe toon ek respek vir outoriteit en kan goed onderskeid maak tussen reg en verkeerd.  Mense som my op as lojaal, betroubaar en sensitief teenoor mense rondom my.  Ek is spontaan, in staat om dinge vinnige aan te leer en gereed vir enige uitdaging wat na my kant toe kom.  In my vrye tyd geniet ek musiek en speel dromme en ukulele en vorm deel van die kerk se tiener-band.  Ek dra die trotse ‘label’ van ‘Jesus Freak’ en sien met verwagting uit na wat my toekoms inhou.