God se Hartklop

Ons doel is om Jesus se lewensritmes uit te leef.

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' (Matt 22:37-39)

Nuut by Ritmia?

RITMIA, afgelei van die woord RHYTMIA – The natural state of well-being when mind body and spirit are balanced and in perfect rhythm.

 

Hierdie is ‘n baie goeie opsomming van wat ons glo. Ons glo dat God dit droom oor elke mens, en dat dit God se hartklop is, oor  hoe ons Hom moet lief he: met hart, siel, krag en verstand.

Matteus 22: 37 – 39 is ons fondasie teksvers, en ons probeer daagliks, om op ‘n praktiese manier God se grootste gebod so uit te leef.

Wanneer Is Ons Dienste?
Dienstye:
Sondagoggend 9:15
Sondagaand 18:00
Bankbesonderhede:

Absa Cheque 4095049500 Cradle Stone
011 246 7013

ONS HET N PASSIE VIR…

Ons doel is om Jesus se lewensritmes uit te leef. (Matt 22:37-39)

Passie vir Jesus Icon

Passie vir Jesus

Ons glo in een God Drie-eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees – en dat Jesus mens geword het om vir ons almal se sondes te sterf. Met Sy opstanding is ons almal vrygespreek en kan ons die Ewige Lewe erf.

Passie vir mense Icon

Passie vir Mense

Ons glo dat almal na die beeld van God geskape is en dat Hy ‘n volmaakte plan met elkeen het – ongeag waar jy is op jou geestelike reis. Ritmia se passie is om elke dimensie van jou lewe, elke dag, meer en meer soos Jesus te laat lyk.

Lewensverandering Icon

Lewensverandering

Vind plaas wanneer jy God toelaat om jou te verander en die ritme van Sy perfekte hartklop vir jou lewe aan te neem. Net deur Hom en die krag van die Heilige Gees kan hart, siel, liggaam en verstand gebalanseerd wees.

Nuwe Leierskap!!!

Franco Martins

ONS SE WELKOM AAN FRANCO MARTINS!

Oor Franco

Ek is ‘n ywerige leerder met ‘n positiewe gesindheid.  Ek is gefokus en taakgerig en geniet nuwe uitdagings. Ek reik graag uit na kinders om hulle voor te stel aan die onvoorwaardelike liefde van God.  In my werk sowel as my persoonlike lewe toon ek respek vir outoriteit en kan goed onderskeid maak tussen reg en verkeerd.  Mense som my op as lojaal, betroubaar en sensitief teenoor mense rondom my.  Ek is spontaan, in staat om dinge vinnige aan te leer en gereed vir enige uitdaging wat na my kant toe kom.  In my vrye tyd geniet ek musiek en speel dromme en ukulele en vorm deel van die kerk se tiener-band.  Ek dra die trotse ‘label’ van ‘Jesus Freak’ en sien met verwagting uit na wat my toekoms inhou.

Kom in Kontak

Ons wil jou graag beter leer ken

Ons Bedieninge

Ritmia wil ons mense bedien inlyn met waar hul huidiglik is. Ons verdeel ons kategorieë soos volg: