God Laat Ons Wees

GLOW

Ons by GLOW se hart is om kinders net weer kinders te laat wees en elkeen opgewonde te maak oor hulle verhouding met Jesus en om Hom te leer ken! Hetsy dit nou deur musiek, speel of ‘n aktiwiteit is!

By GLOW glo ons dat die Bybel nooit vervelig moet wees nie, dus word die verhale op kreatiewe maniere aangebied met behulp van verskeie hulpbronne. Die musiek mag maar bietjie hard wees, gebeure is spontaan en die energieke vrywilligers maak dat almal weet, hier is ‘n span wat omgee! Elkeen is vir ons belangrik! Van die kleinste kindjie tot die grootste vrywilliger! Hier by GLOW leer ons saam en ontdek waarhede in die Bybel op ‘n praktiese manier en met hope pret!

GLOW, waar Bybel, pret en musiek jou familie word!

Sondagoggende: 09:15

Leierskap

Bianca Martins

glow@ritmia.org.za

Oor Bianca

Ek is taakgeoriënteerd terwyl ek na die beste van my vermoë uitblink in dit wat ek doen. Mens kan dit in kort opsom dat ek GLOW vir Jesus! Ek het ‘n passie vir kinders en dit is my hartsbegeerte dat ek elke kind waarmee ek werk kan aanraak en bewus maak van Jesus en Sy liefde vir hulle.  God het my geseën met karaktertrekke van lojaliteit, betroubaarheid en om sensitief te wees teenoor my medemens.

Ek gee met deernis om vir my naaste.  Omdat ek hoofsaaklik linkerbrein is, waardeer ek struktuur.  Deel van my menswees is spontaniteit, vaardigheid en waagmoed.  Probleemoplossing is deel van my daaglikse roetine. Ek het immers saam met 2 boeties grootgeword.  God is die spilpunt van my bestaan.  Ek het op ‘n vroeë ouderdom reeds besluit om Hom te volg.   Hy het in my ‘n liefde gekweek vir die kinders waarmee ek werk.  Ek sien met verwagting uit na wat Hy vir my vir my toekoms beplan!