Dit ís omkeerbaar. Dit is die Paasfees storie

Ek blaai nou die dag deur n paar ou dokumente wat ek met die jare bymekaar gesit het vir maandblad artikels, of sommer net om te deel met iemand. Ek kom toe weer op díe een af wat net voor Paasfees soveel vir my beteken, en daarom deel ek dit graag weer.
In die fliek “About Time” het n seun die vermoe om terug te reis in tyd. Elke aand dink hy terug oor die dag wat gehad het, en wanneer hy nie goed voel nie oor dinge wat hy anders kon hanteer het, gaan hy terug in tyd en leef dan die dag oor, en maak reg wat hy wil reg maak.
Hoe lekker sou dit nie vir ons gewees het nie? Elkeen het al gevoel as ek net daarde dag kan oor he, as ek net daardie gesprek kan oor he –dan sal ek dinge anders doen. Maar sekere goed kan net nie oorgedoen word nie. ‘n Mens kan nie koekies minder brand as dit reeds gebrand is nie, jy kan nie hare weer terug sit wat reeds afgesny is nie, en jy kan nie n ruit nie breek , as dit reeds gebreek is nie. Baie van hierdie lesse het ek op die harde manier geleer, soos wanneer jy op skool dink jy het sopas een van jou beste krieket houe gespeel , juis in die rigting wat verbode was – reguit huis toe, of as jou dogter en haar niggies elkeen met lang haarlok en n groot sker in die hand betrap word waar hulle rustig speel. Hierdie tipe goed is onomkeerbaar – daar kan niks aangedoen word nie. Die ruit kos geld, die hare moet met tyd terug groei en so werk die lewe maar.
Baie mense weet hoe dit voel as iets onomkeerbaar is , wanneer skeibriewe afgelewer word, of ‘n verslag van n dokter wat die ergste nuus aan jou breek. Dis is hierdie tipe goed wat ons net wens was omkeerbaar.
So het die dissipels van Jesus gevoel daardie nag toe Jesus gevange geneem is, het hulle nog hoop gehad, maar toe hy daardie Paasfees aan die kruis vasgespyker is, was dinge skielik vir hulle onomkeerbaar. Dood het ingetree en dit kan nie omgedraai word nie.
Drie dae later, kom God en verander vir altyd die wereld van onomkeerbaarheid – Hy draai alles om, Hy oorwin die dood en Jesus staan op uit die graf! Die beste oorwinning nog! Dit wat onomkeerbaar was, is nou omgekeer en Jesus leef! Hierdie is die werklikheid , hierdie is nie n film wat vir ons kom se “dit sou lekker wees as dit kon gebeur nie”. Jesus het werklik opgestaan, en Hy leef! Daarom kan ons elke dag die grootste oorwinning vier van alle tye! Jou kan met jou lewe dit ook vier!
Jesus kom hierdie Paasfees, en eintlik elke dag, en Hy kom nooi jou uit om Hom te volg, op die pad van genesing – genesing van sondes, gedagtes, herrinnerringe wat jy moontlik dink is onomkeerbaar.
Dit ís omkeerbaar. Dit is die Paasfees storie

Groete
Darius

Related Posts